PCS nuusbrief 1 Maart 2021

Noag se arkie bied 3 groepies aan. Die Olifantjies is vir 3 -4 jariges wat reeds oor blaasbeheer beskik en uit 'n bekertjie kan drink. Die Kameelperde en Zebras is vir 4 - 5 jariges wat reeds 'n volledige skoolgereedheidsprogram volg.

SPORT

PCS bied tans Netbal, Krieket, Atletiek, Landloop , Canoe Polo en Tennis aan binne seisoen, om sodoende leerlinge bloot te stel aan sport aangesien dit `n belangrike deel vorm van holistiese ontwikkeling.

PCS benodig grootliks ondersteuning van ouers om sport uit te bou vir ons kinders. Ons poog om ten spyte van klein leerdergetalle in elke ouderdomsgroep leerlinge aan soveel as moontlik bloot te stel. Daar is wel leerlinge wat privaat onderrig in vele ander sport rigtings uitblink bv. Swem, perdry muurbal en vele meer… Die geleenthede is eindeloos. PCS se prioriteit staan steeds by die akademiese opbouing van elke leerling.

 

Kliek op die foto om nog Sport foto's te sien.