PCS nuusbrief 1 Maart 2021

Noag se arkie bied 3 groepies aan. Die Olifantjies is vir 3 -4 jariges wat reeds oor blaasbeheer beskik en uit 'n bekertjie kan drink. Die Kameelperde en Zebras is vir 4 - 5 jariges wat reeds 'n volledige skoolgereedheidsprogram volg.

BOODSKAP VAN DIE HOOF

Alle seëninge kom van Bo!

Na 32 jaar in die onderwys in Johannesburg, het ons Hemelse Vader ons die pad aangewys om in Parys te kom woon. Ek en my eggenoot is beide baie lief vir die natuur en rustigheid, daarom weet ons dat Parys die regte plek is vir ons!

Dit is vir my `n baie groot voorreg en uitdaging om as Hoof aangestel te kon word by Parys Christelike Skool.

Ek streef daarna om PCS elke dag op te bou deur hoë gehalte onderwys wat aan die eise van die Christelike geloof voldoen en streng dissipline te handhaaf. Samewerking van personeel, ouers en leerlinge is van uiterste belang en Parys Christelike Skool sal en moet altyd die beste skool wees vir u kind!

`n Goeie en gelukkige jaar word u almal toegewens.

Mag ons almal saam een grόόt familie wees en mekaar ondersteun.

Baie groete,

Me. Vivienne Koch

HOOF VAN PCS