PCS nuusbrief 1 Maart 2021

Noag se arkie bied 3 groepies aan. Die Olifantjies is vir 3 -4 jariges wat reeds oor blaasbeheer beskik en uit 'n bekertjie kan drink. Die Kameelperde en Zebras is vir 4 - 5 jariges wat reeds 'n volledige skoolgereedheidsprogram volg.

NASKOOL

PCS bied naskoolfasiliteite aan met ‘n opwindende program en ‘n gesonde spyskaart. Juffrou Dalene Schlebusch  help die naskool leerders met hul huiswerk en ook om te leer tydens die eksamen tyd. Tannie Magda is ons toesighouer by Naskool.

Koste beloop R550-00 per maand per kind (of R50-00 per dag) Ouers moet die hoof voor 10h00 laat weet indien ‘n leerder by die na-skool gaan bly, sodat etes gereĆ«l kan word. Leerders wat bly vir na-skool beweeg af na PCS ingang in Schilbachstraat.

Hulle trek gemaklike klere aan en geniet middagete om 13h30. Daarna word huiswerk onder toesig gedoen. Die na-skool sluit stiptelik om 17h00.

Juf. Magda Venter

Maria Gotlolo

Juf. Dalene Schlebusch